African Security Congress | |
ASC | |
Logo van die African Security Congress
| |
Leier | Teboho Motloung |
---|---|
Webblad | africansecurtiycongress |
Die African Security Congress (ASC) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat gestig is om hul te beywer vir die belange van private sekuriteitswagte, en veral vir die regering om sekuriteitswagte direk in diens te neem.[1] Die stigter van die party is Teboho Motloung. In November 2017 is die voormalige ANC-politikus Makhosi Khoza, wat uit die ANC bedank het nadat sy 'n beroep gedoen het op Jacob Zuma om te bedank, genooi om by die party in 'n leierskapskapasiteit betrokke te wees, en het sy by 'n optog by die veiligheidswagte aangesluit in Germiston.[2] Sy het egter nie verder betrokke geraak by die party nie.
Die party het aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 deelgeneem en kon nie 'n setel wen nie.